NTA bestee N$113 miljoen aan vakleerlingskappe, maar…

Die Namibiese Opleidingsowerheid, die NTA, beoog om streng inname-kriteria aan te neem om die stygende uitsak-krisis van leerders in sy vakleerlingskap-program hok te slaan. Die NTA het sedert sy ontstaan 113 miljoen Namibiese dollar aan die program bestee, maar uit ‘n poel van 772 leerders het slegs 104 gegradueerdes die afgelope vyf jaar daarin geslaag om werk te kry. Die NTA se waarnemende uitvoerende hoof, Muvatera Ndjoze-Siririka, dring daarop aan dat die stigma rondom beroepsopleiding gedeeltelik op leerders te blameer is, aangesien hulle dikwels uitsak in plaas daarvan om hul programme te voltooi. Hy voeg by leerders skop dikwels sonder enige gevolge op en word nie verplig om enige fondse terug te betaal nie.