Dash: Drikus vat hom, dra dit op aan Janine en Suzelle Davin

Die eerste wenners van die 2022 Nedbank Desert Dash, is oor die wenstreep. Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee het eerste plek behaal in ‘n tyd van 15 ure, 17 minute en 9 sekondes. Hy het sy oorwinning aan Janine and Suzelle Davin opgedra. Konny Looser, die Switser wat reeds menigmale die Dash gewen het, is tweede met ‘n tyd van 15 ure, 38 minute en 53 sekondes. Die Duitser Rick Steffen is derde met ’n tyd van 15 ure, 45 minute en 3 sekondes. Die Dash is die tweede langste bergfietswedren met 393 kilometer wat tussen Windhoek en Swakopmund deur die Khomas Hochland afgelê word met ‘n afsnytyd van 24 uur. Dit is die 18de weergawe wat vanjaar gehou word.