Yanna Smith

‘n Salm. So het my pa altyd vir my gesê. Dwars, teen die stroom. Dis ekke. Moeilik maar duidelik. En doelgerig. Ek is lief vir my land. Hier gemaak en verseker hier gelaatstaan. Ek kan nie sonder die kameeldoringbome, die Acasia-bloeisels, die reuk van ons reën en die hart van ons mense nie.

Gebore by die Eizabeth Home in Windhoek, het ek 20 jaar later my Drama-graad daar behaal. Toe swot ek Dierkunde want ek het ‘n leeu gesoen. Ek is bitter lief vir diere en het ‘n swakpunt vir oumensies. Ek het geleer om te aanvaar dat die wêreld nie regverdig is nie maar ek streef na geregtigheid. En eerlikheid. En omgee. My boodskap? Soen die diere. Soen hulle gereeld. En soek altyd die betowering in die lewe. Mik hoog. En glo.