Jessica Thomas

Kreatiwiteitsanalis | Sjokolis & Wynspesialis | Muurpapier-ingenieur – Niks van hierdie is waar nie, ek is bloot sommer net ek. 

Ek het grootgeword in die noorde van Namibië, maar my hart lê in die Suide met sy rooi duine en ongerepte skoonheid. 

Ek is avontuurlustig van aard, en soek alewig ‘n geleentheid om iewers heen te reis en nuwe plekke te ontdek, of dit nou 20 km of 1000 km van die huis af is. 

Ek het n baie eksentrieke persoonlikheid en is altyd op soek na nuwe ervarings, maar kan terselftertyd ook gemaklik op die rusbank sit en net boek lees met klassieke musiek in die agtergrond. 

As ek na enige plek in die wêreld kon verhuis, sal ek n lappie grond in Portugal wil hê. (Sodat ek my eie wynboord kan besit, jy weet) 

Ek glo vas pynappel hoort nie op pizza nie.