JP Nel

Gebore, groot gemaak en kaalvoet rondgehardloop en bome geklim in die platteland van Sentraal-Noord Namibië. Ek was nog altyd spreekwoordelik “avontuurlustig” vir die lewe, en wat dit bied, en hou daarvan om ‘n uitdaging by die horings te pak”. 

Om te reis is maar in my bloed, en ek het al meeste van Europa en Brittanje deur getoer. Klank is ook in die bloed, ek kuier graag by familie en vriende (solank ek by hulle kuier, en hulle nie by my nie, dis altyd meer pret om ander mense se huise om te krap). Motorfietse bly ook nog ‘n groot passie vir my…en natuurlik radio. Ek bedien die radio wêreld al vanaf 1996, en sal werklikwaar geen ander werk wil doen nie.