Jean-Louis Knouwds

Jean-Louis Knouwds het in 2012 die media wêreld betree toe hy begin uitsaai het op kampus radio. In Januarie 2014 het hy aangesluit by Kosmos 94.1 as die aanbieder vir die 18:00 tot 20:00 program. Tans is hy die anker-aanbieder van die ontbyt program tussen 06:00 en 09:00 op Kosmos 94.1. Hy het sy Honeurs graad in drama en musiek met ‘n Cum Laude verower in 2015 en was ook al te sien  as aanbieder en nuusleser op nasionale televisie. 

Hy het ‘n passie vir die kunste en is reeds twee keer genomineer by die Namibia Theatre and Film Awards. In Desember 2020 is hy bekroon as ACE model van die jaar en hy is vasberade om die model wêreld te verken, plaaslik en internasionaal.