Joretha Taylor

My naam is Joretha Van Coller (Taylor is net ‘n verhoog-naam)

Ek het twee kinders, Peter 9 en Maike 8.

Ek is gebore in Johannesburg, in die Sandton kliniek.

Ek hou baie van reis en was al in ‘n hele paar lande. Dubai was vir my nogals iets om te beleef. Ek sal bitter graag nog wil gaan ski in Switzerland, dit is nog ‘n droom van my…en natuurlik ‘n wit Kersfees oorsee beleef.

Ek het geswem vir Gauteng en ek is baie lief vir oefen.

Ek geniet dit ook vreeslik om te gaan jag, ek het al ‘n hele paar bokke en varke geskiet, maar daai buffel wag nog vir my… Hahahaha.

Ek het al ‘gebungee jump’, het die wêreld se vinnigste ‘rollercoaster’ gery in Abu Dhabi…en wil graag nog valskermspring en al daai lekker dinge doen.

My gunsteling kos is pizza en dan natuurlik is ek ‘n ‘steak-en-tjips’ meisie…