Pres. Geingob wens Shikongo geluk met sy aanstelling

Gelukwensings stroom van oraloor in vir generaal-majoor Joseph Shikongo wat aangewys is as die nuwe inspekteur-generaal van die Namibiese polisie. Hy is tans die adjunk-inspekteur-generaal van operasies. Shikongo volg generaal-majoor Sebastian Ndeitunga op wat einde Augustus gaan aftree. President Hage Geingob wens Shikongo geluk tydens sy amptelike aanstelling by Staatshuis.