Ekonoom: Dis ongewoon dat Amerikaanse dollar en Euro dieselfde is

Die Amerikaanse dollar en die Euro het op ‘n stadium vandag presies dieselfde teen 17 Suid-Afrikaanse rand, 17 sent verhandel. Kosmos 94.1 Nuus het aan die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gevra of dit ongewoon is. Hy sê dit het laas in 2003 gebeur en verduidelik die redes en impak daarvan.