Implementering van VN se Konvensie teen Korrupsie in Namibië hersien  

Die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië kry môre amptelike besoek van verteenwoordigers van Frankryk en Uganda wat Namibië se implementering van die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie vir die tydperk 2016 tot 2021 gaan hersien. Namibië het die konvensie in 2003 onderteken en in 2004 bekragtig. Die eerste hersiening het in 2016 in Namibië plaasgevind.