Meer Europese toeriste besoek Namibië in Oktober

Volgens die kamerbesettingsyfers vir Oktober van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, kom meer Europese toeriste weer in Namibië kuier met 47 persent wat van verskeie Europese lande kom, terwyl slegs 12 persent verlede jaar Oktober Namibië besoek het. Toe het Namibiërs 67 persent van alle toeriste uitgemaak en in Oktober vanjaar is 38 persent besoekers aan akkommodasiegeriewe Namibiërs.