PPI: Mynbou styg met 27,9% in derde kwartaal

Volgens Namibiese Statistieke Agentskap het die produsenteprys-indeks van die mynbou- en steengroef-sektor vir die derde kwartaal van 2022 tot 130,5 basispunte gestyg, vanaf 102,1 basispunte in die derde kwartaal van 2021. Dit behels ‘n jaarlikse inflasiekoers van 27,9 persent vergeleke met ‘n inkrimping van 17,8 persent in die derde kwartaal van 2021. Die produksie van diamante het tot 132,3 basispunte gestyg vanaf 98,3 basispunte wat gedurende die derde kwartaal van 2021 aangeteken is, wat gelei het tot ‘n jaar-tot-jaar inflasiekoers van 34,7 persent.