Onwettige vuurwapens: 674 vasgetrek in Kaasptad

Stad Kaapstad se portefeuljekomitee oor veiligheid en sekerheid sê vuurwapensake moet vooropgestel word. Tussen Januarie verlede jaar en Oktober vanjaar is 674 arrestasies wat verband hou met vuurwapen-en ammunisie-oortredings aangeteken, met slegs ses skuldigbevindings. Die komitee se voorsitter, Mzwakhe Nqavashe, sê die wiele van geregtigheid moet goed geolie wees om ‘n betekenisvolle verskil te maak en die publiek se vertroue te herwin.