Powell kyk terug na tyd met Blitsbokke

Die uittredende Springboksewes-afrigter, Neil Powell, het die Wêreldbeker-naweek in Kaapstad as bittersoet beskryf. Die Blitsbokke het Samoa gister in die Kaapstad-stadion in hulle uitspeelwedstryd vir die sewende plek met 35-7 verslaan. Fidji het hulle derde Wêreld-sewesbeker in die mansafdeling opgeraap toe hulle die verdedigende kampioene van Nieu-Seeland geklop het en Australië het met die vroue-titel weggestap. Powell, wat as direkteur van rugby by die Haaie aansluit, sê hy het spesiale oomblikke saam met die span beleef: