Rusland se aanvalle op infrastruktuur is pure wraak

Oekraïne het Rusland se jongste missielaanvalle op noodsaaklike infrastruktuur in die Kharkiv-streek as ‘n wraakaanval beskryf ná Oekraïne se onlangse suksesse op die slagveld. Die aanvalle het sowat 9 miljoen mense in oostelike streke soos Kharkiv en Donetsk sonder krag en water gelaat. Internasionale media berig dit volg nadat Oekraïnse magte die meeste gebiede in die streek wat deur Rusland beset was, teruggewen het. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, beskuldig Rusland van terrorisme omdat burgerlike infrastruktuur aangeval word.