Malema sê hoogste hof word gekaap

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê daar is pogings om die Konstitusionele Hof te kaap. Malema het die naweek die Vereniging vir Swart Regspraktisyns se jaarvergadering in Polokwane, Limpopo, toegespreek. Hy het beklemtoon die regsprekende, uitvoerende en wetgewende gesag moet onafhanklik wees. Malema sê in die belang van geregtigheid en die Grondwet, en om kaping te voorkom, moet regters ophou om hand om die lyf met ryk mense en politici te verkeer: