Powell gesels oor sy laaste Wêreldbeker, en sy koebaai

Die Springbok-sewesafrigter, Neil Powell sê om die Rugby Wêreldbeker-sewestoernooi in Kaapstad te wen, sal die volmaakte afloop wees. Hy rig die Blitsbokke die naweek vir die laaste keer af voordat hy by die Haaie in Durban na die vyftienmankode oorskakel. Suid-Afrika speel in die openingswedstryd van die vertoonstuk van die wêreld teen Duitsland of Chili. Volgens Powell was daar ‘n paar haakplekke in hul spel met die laaste paar toernooie in die Wêreldreeks wat tot ernstige besorgdheid aanleiding gegee het, maar hulle kon dit die afgelope week aanspreek.