Namibiese gasvryheisdbedryf se kamerbesetting vir Julie is 51%

Die Namibiese toerismesektor is besig om vinnig te herstel. ’n Kamer-besettingskoers van 51 persent is gedurende Julie 2022 in Namibië aangeteken, vergeleke met 32,1 persent in die vorige maand en 11,9 persent in Julie 2021 volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië. Dit is die hoogste besettingskoers wat sedert Desember 2019 aangeteken is. Op ‘n jaargrondslag is die nasionale besettingskoers gemiddeld 32,7 persent, vergeleke met 20,2 persent vir dieselfde tydperk in 2021, wat ‘n verbetering in toeriste-invloei toon.