Pous vra vir vergifnis in Kanada

Pous Franciskus het die inheemse mense van Kanada verskoning gevra vir die kerk se rol in skole wat plekke van mishandeling geword het. Daar word berig dat minstens 150 000 inheemse kinders oor ‘n tydperk van ‘n 100 jaar van hulle gesinne weggeneem en gedwing is om skole by te woon wat deur die Katolieke Kerk bedryf is. Oorlewendes van die skool het getuig oor fisiese en seksuele mishandeling, wanvoeding, en dat hulle gestraf is wanneer hulle in hul moedertaal praat. Minstens 6 000 kinders is dood. Die pous het die skolestelsel ‘n rampspoedige fout genoem.