Goue munte in Zim om inflasie te beveg

Zimbabwe het goue munte bekend gestel om aan die publiek verkoop te word in ‘n poging om weghol inflasie te tem. Die sentrale bank het 2 000 munte aan kommersiële banke uitbetaal. Die munte, wat meer as 1 800 Amerikaanse dollar elk kos, kan ook vir kontant verruil word en vir aankope in winkels gebruik word. Die jongste syfers van die Zimbabwe Nasionale Statistiek-agentskap toon dat die land se jaarlikse inflasiekoers in Junie 191 persent bereik het. Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross deel sy mening oor die munte met Kosmos 94.1 Nuus.