Kalumbi is verkeerd

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het onder andere die koloniale politieke stelsel, geblameer vir wydverspreide geestesgesondheids-versteurings en verwante probleme in Namibië. Benewens die hoë werkloosheidsyfer, wat die risiko van geestes-versteurings verhoog, het die minister gesê die probleem word vererger deur ‘n dalende gevoel van solidariteit wat gedurende die moeilike jare van kolonialisme geheers het. Hy het deurgeloop onder kritiek omdat hy nie die huidige sosio-ekonomiese toestande, gepaard met geslagsgeweld, in ag geneem het nie. Rosa Namises, ‘n maatskaplike werker, stem ook nie saam met die minister nie.