Geen kos vir dokters in Tigray nie

Mediese dokters in die oorloggeteisterde Tigray, Ethiopië, moet bedel vir hul kos terwyl die Verenigde Nasies berig 2,2 miljoen mense in die streek ly weens ‘n uiterste gebrek aan voedsel. Medici is die afgelope agt maande nie betaal nie en die meeste dokters het hul maaltye per dag verminder. ‘n Opname van die Wêreldvoedselprogram dui geen VN-voedselkonvooi is sedert middel Desember in Tigray gewees nie een 100 vragte per dag word benodig om hongersnood te voorkom. Die VN vra vir 5 miljard Namibiese dollar om sy operasies vir die volgende ses maande te befonds.