Pous: Help Oekraïners in die winterkoue

Pous Franciskus het ‘n beroep op mense gedoen om hierdie Kersfees te dink aan die kinders in Oekraïne wat ly. Die pous het sedert die Russiese inval in Oekraïne in Februarie met byna elke verskyning gevra dat mense aan dié land moet dink. Pous Franciskus het mense aangemoedig om vanjaar minder aan Kersvieringe en geskenke te bestee en eerder geld aan die Oekraïners te stuur om hulle te help om deur die koue winter te kom. Lande in Europa en elders werk ook daaraan om transformators, skakelaars, kragkabel en diesel-kragopwekkers te voorsien wat die land se inwoners in die winter sal nodig hê.