Jozi se vloedskade bly styg

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die koste van die skade wat die oorstromings aangerig het aan die stad se infrastuktuur het gestyg van 300 miljoen tot 421 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Phalatse was op ‘n inspeksietoer van die voortgesette humanitêre en opruim-operasies, ná dae se verwoestende reën. Phalatse sê die verklaring van die stad as rampgebied sal hulle in staat stel om bronne te benut van ander regeringsfere, en sal die verkrygingsprosesse vir noodoperasies versnel.