Lionel Messi gaan glo nog ‘n jaar by Paryse klub speel

Sokker: Gerugte wil dit hê dat Argentinië se Wêreldbeker-held, Lionel Messi, ingestem het om nog ʼn jaar by Paris Saint-Germain te bly. Franse media verwag Messi sal sy loopbaan met die president van PSG, Nasser Al-Khelaifi, bespreek sodra hy na Parys terugkeer na sy blaaskans na die internasionale glanstoernooi. Die Argentynse kaptein, wat as die Wêreldbeker-speler van die toernooi aangewys is, het verlede jaar ʼn kontrak van twee jaar met PSG onderteken. Indien hy aanbly, sal hy sy vennootskap hervat met die Franse ster, Kylian Mbappé, wie se span Argentinië in die eindstryd geklop het.