Pous Franciskus gaan nie Klimaatsberaad COP26 bywoon nie

Pous Franciskus sê politieke leiers moet by die internasionale klimaatsberaad, COP26, toekomstige geslagte hoop gee dat hulle die regte stappe doen. Hy waarsku teen die gevaar van afsondering en beskerming in die hantering van die klimaatskrisis. Die Vatikaan stuur ‘n afvaardiging na die beraad, maar die 84-jarige pous bly tuis nadat hy vroeër vanjaar ‘n operasie ondergaan het. Die Verenigde Nasies se COP26-beraad vind van Sondag tot 12 November in Glasgow, Skotland, plaas.