Inwoners na Onamulunga teen hondsdolheid ingeënt

Inwoners van die Onamulunga-B-nedersetting in die Oniipa-kiesafdeling in die Oshikoto-streek stroom na die Onandjokwe-distrikshopsitaal om teen hondsdolheid ingeënt te word nadat hulle die vleis van ‘n besmette donkie geëet het. Dit volg na die donkie ‘n man wat onder ‘n boom by die nedersetting gerus het, aangeval het. Die man is ernstig beseer en sy voet moes geamputeer word. Die gemeenskap het die donkie geslag en die vleis geëet. Nadat ‘n veearts monsters van die donkie geneem het, is bevind die donkie is met hondsdolheid besmet.