Ligte Aan na Skool-veldtog in SA van stapel gestuur

Die Jeug- en Naskoolse Program se kantoor en die Wes-Kaapse regering het die Ligte Aan na Skool-veldtog in Suid-Afrika van stapel gestuur. ‘n Woordvoerder, Sibongile Khumalo, sê die 2021-tema van #Helpingkidsrecover is op die beweging se wêrelddag gebruik om te fokus op hoe naskoolse programme sonder winsoogmerk kwesbare leerders kan help. Sy sê naskoolse programme verskaf hulpbronne en vaardighede wat leerders andersins nie sou hê nie.