Potch-base steel na bewering by NWU

Die Streekhof in Ventersdorp, Noordwes, het die bedrog- en diefstalsaak teen die voormalige burgemeester van die JB Marks munisipaliteit in Potchefstroom en sy medebeskudigdes, vir eers laat oorstaan. Die voormalige burgemeester, Kgotso Khumalo, sowel as Cecil Henry en Mohau Shuping, staan tereg op agt aanklagte van diefstal en bedrog van munisipale fondse wat deur die Noordwes-universiteit geskenk is. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê hulle hoof getuie het te doen gehad met die trustfonds waar die geld vermoedelik gesteel is.