Padveiligheidsveldtog kom op 25 November

Die Feesseisoen kruip nader en oudergewoonte word daar swaar verkeer op al die land se roetes verwag, wat jaar op jaar gepaard gaan met motorongelukke en sterftes. Die Namibiese Padveiligheidsraad sal volgende week vergader oor die padveiligheidsveldtog. Ambrosius Tierspoor van die raad sê die veldtog sal op 25 November van stapel gestuur word.