MTN verkoop sy plaaslike belang aan Vaino Nghipondoka

Die Suid-Afrikaanse multinasionale telekommunikasiemaatskappy MTN Group het nie meer ‘n teenwoordigheid in Namibië nie. Hy het volgens berigte sy belang aan sy plaaslike vennote verkoop. MTN was in die land bedrywig deur MTN Business Namibia, wat gedeeltelik deur Vaino Nghipondoka se Profile Investment Holdings besit was nadat hy ‘n 30 persent belang in ‘n 2017-transaksie verkry het. Dit is nie duidelik vir hoeveel die aandele verkoop is nie. Die nuus kom vyf jaar nadat die MTN-groep planne aangekondig het om ‘n mobiele diens in Namibië bekend te stel. MTN is al meer as 20 jaar in Namibië bedrywig, maar het hoofsaaklik internetdienste aan individuele kliënte, finansiële instellings en groothandelkliënte verskaf.