Popcru bekommerd oor aanvalle by korrektiewe sentrums

Die Suid-Afrikaanse polisievakbond, Popcru, het sy kommer uitgespreek oor die voortdurende voorvalle in en rondom korrektiewe sentrums. Die volg nadat twee korrektiewe beamptes verlede week dood is toe hulle ‘n gevangene op parool wat verdwyn het, in Ekurhuleni, Gauteng, agtervolg het. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die vakbond pleit by die bestuur om te verseker amptenare is behoorlik toegerus wanneer hulle in sentrums en gemeenskappe ontplooi word.