Harvey Boulter vra aanklaer-generaal om sy moordklag te heroorweeg

Die Britse sakeman Harvey Boulter, wat vervolg gaan word in verband met die noodlottige skietvoorval van sy plaasvoorman, Gerhard van Wyk, op sy plaas in die Kamanjab-distrik, vra die aanklaer-generaal om haar beslissing om hom aan te kla, te heroorweeg. Sisa Namandje, een van Boulter se verdedigings-advokate, het Regter Christie Liebenberg tydens ‘n voorverhoor in die Windhoekse hoërhof ingelig dat nadat hy die polisiedossier bestudeer het, ‘n versoek aan aanklaer-generaal Martha Imalwa, gerig het om haar besluit om sy kliënt aan te kla, te heroorweeg.