Poolse vrou glo sy is Maddie McCann, DNS-toetse binnekort

‘n Vrou wat glo dat sy die ontvoerde Madeleine McCann is, se DNS-toetse sal binnekort gedoen word om vas te stel of sy Maddie is. Julia Wendell, van Pole, sê sy het ‘n paar maande gelede begin glo dat sy Maddie kan wees nadat sy “iets” by haar ouma gehoor het. Die jong vrou sê dat sy dieselfde sproet op haar been en vlekkie in haar een oog as Madeleine het. Sy is 21 jaar oud, maar glo dat haar ouderdom verkeerd kan wees. Maddie is in Mei 2003 gebore en sou nou 19 jaar oud wees. Duitse ondersoekers glo egter dat Maddie deur Christian Brueckner vermoor is.