Aktiviste SA skenk meer as 20 000 saailinge

Aktiviste Suid-Afrika het sedert Oktober verlede jaar meer as 20 000 saailinge in KwaZulu-Natal afgelewer. Die doel is om die teorie van “een huis een tuin” regoor die provinsie bekend te stel en die program na die res van Suid-Afrika uit te brei. ASA se woordvoerder, Busi Radebe, sê sodra mense hul eie kos kweek, kan hulle gemeenskaps-tuine aanlê. Sy sê daarna kan hulle begin kommersialiseer deur goedere op groot skaal te vervaardig wat by supermarkte gekoop en verkoop kan word.