Poolse sokkerster geniet Namibiese wegbreek

Namibië se toerismesektor is volgens die Gasvryheidsvereniging besig om goed te herstel ná die Covid-pandemie. Buitelandse toeriste het juis na die pandemie veilig gevoel om die land te besoek omdat oor-toerisme nie in die uitgestrekte, ongerepte natuurskoon plaasvind nie. Talle internasionale bekendes soos akteurs, sangers en sportsterre het in Namibië kom kuier en met hul reisie op hul sosialemediaplatforms gespog wat die land as toeristebestemming op die wêreldkaart plaas. Die Poolse sokkerspeler en doelskieter van die La Liga-klub in Barcelona, Robert Lewandowski, het Namibië besoek nadat hy van die Katar Sokkerwêreldbeker teruggekeer het. Hy spog met selfiefoto’s op sosiale media van hom en sy vrou Anna by die kus.