Swakhede in ANC-regering dra by tot verval – Ramaphosa

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê swakhede in regering en dienslewering, veral op plaaslike vlak, het bygedra tot die verbrokkeling van infrastruktuur en mislukte dienste. Hy erken korrupsie en wanbestuur het veroorsaak dat hulpbronne wat vir die armes bedoel is, weggelei is. Ramaphosa sê die drie-dubbele uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid is steeds die grootste struikelblok in die ontwikkeling van mense.