Marokko hoop op derde plek in Sokkerwêreldbeker

Marokko hoop om sy sprokiesverhaal-lopie by die Katar Wêreldbeker af te rond deur Kroasië in vanmiddag se uitspeelwedstryd om die derde plek te klop. Indien die Atlas-Lions vandag daarin slaag, sal hulle weer vir hulle land geskiedenis maak. Kroasië sê intussen hulle weier om die wedstryd as ‘n vriendskaplike een te benader en gaan alles uithaal om die bronsmedalje in te palm. Môre meet Frankryk en Argentinië kragte om te bepaal wie gaan sokker se glansrykste trofee inpalm