Oosweer nie so erg op Lüderitz nie, maar pad daarna is eers toe

Inwoners van Lüderitz loop ook deur onder oosweer-toestande maar, meen dit is nie so erg soos wat rondom Swakopmund en Walvisbaai ervaar word nie. Verskeie Buchters het aan Kosmos 94.1 gesê dis oosweer, maar, dis normale oosweer. Intussen is die roete 20-kilometer buite die dorp gesluit vir opruimings. Daar is uiters hoë sandwalle op die pad en dit word tans verwyder. Bestuurders is gemaan om versigtig te bestuur. Sommige skole op Swakopmund en Walvisbaai is ook vandag gesluit en bestuurders word gemaan om uiters versigtig te bestuur in die moeilike omstandighede.