Geen Covid-sterftes, 11 nuwe gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen Covid-sterftes aangemeld nie, asook 11 nuwe gevalle uit 1 391 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,8 persent verteenwoordig. In die groep is twee leerders en een gesondheidswerker. Daar is nou 784 aktiewe gevalle waarvan 19 in hospitale is en een in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 263 530 mense is ten volle ingeënt. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste statistieke.