Politieke kenner: ANC gaan as ‘n verdeelde party kongres toe

‘n Professor by die Wits-leerskool vir Regeerkunde, William Gumede, sê die ANC gaan later die maand na sy 55ste verkiesingskonferensie by Nasrec, Johannesburg, as ‘n verdeelde party. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, staar ‘n moontlike staat van beskuldiging in die gesig oor bevindings teen hom in die Phala Phala-verslag. Gumede sê die ander ANC-presidentskandidaat, Zweli Mkhize, staar bewerings van korrupsie in die gesig weens die Digital Vibes-skandaal.