SA staatsamptenare verwelkom minimum loon  

Die Vereniging vir Staatsamptenare in die buurland verwelkom die regering se besluit om die nasionale minimum loon met agt persent te verhoog. Die vereniging sê hy sou nietemin graag ‘n dubbelsyfer-verhoging wou gesien het om armes te help oorleef. Hy sê ook die feit dat meer as 60 persent van werkgewers nie aan die reeds-lae minimum loon voldoen nie, is nie bemoedigend nie. Die nasionale bestuurder van die vereniging, Claude Naiker, sê nakoming behoort afgedwing te word, maar werkgewers weet daar is tans geen gevolge vir nie-nakoming nie.