Politburo sê dis Netumbo of Saara…

Swapo se politburo het sy nominasie-proses Maandagmiddag voltooi. Vir die posisie van adjunk-partypresident is die huidige visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah outomaties genomineer saam met die premier, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila. Armas Amukwiyu, die party se koördineerder vir Oshikoto is genomineer vir die pos van sekretaris-generaal, saam met die huidige sekretaris-generaal Sophia Shaningwa. Vir die adjunkpos, is die twee party LP’s Lucia Witbooi en Evelyn Nawases-Tayele genomineer, saam met die party se koördineerder vir Kavango Wes, David Hamutenya. Die sentrale komitee van die party sal die naweek sy eie nominasies doen. Die finale verkiesing vind tussen 24 en 28 November plaas wanneer die party se kongres gehou word.