Een moordverdagte in Kanada dood aangetref

Kanadese owerhede het een van die verdagtes, Damien Sanderson, in die massa-moordvoorval dood aangetref terwyl die ander verdagte, sy broer, Myles, nog op vrye voet is. Die twee word daarvan verdink dat hulle 11 mense vermoor en 19 beseer het na mesaanvalle op 13 verskillende plekke in die James Smith Cree Nation. Die Kanadese koninklike berede polisie se assistent-kommissaris, Rhonda Blackmore het met die media gepraat.