Nasionale Vergadering hervat, en daar’s baie werk

Die Nasionale Vergadering hervat vandag sy bedrywighede in die sewende sitting ná ‘n reses sedert 14 Julie. Die sessie sal na verwagting tot 24 November duur. Die huis is ver agter in sy werk met talle vertragings as gevolg van Covid en daar is baie werk om te doen. Die inligtingsbeampte by die parlement, Raphael Hangula, het meer oor watter wetsontwerpe ter tafel gelê sal word.