Mynwese: Daar’s baie belangstelling in Namibië

Mynwese het sedert die pandemie die grootste bydrae aan die Namibiese ekonomie gemaak en met kommoditeite wat herstel, is daar weer baie belangstelling in die land. Die afgelope mynwese-ekspo en konferensie het uiters goed afgeloop en volgens Veston Malangu, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, was dit ‘n reuse-sukses. Hy sê daar is baie belangstelling in Namibië.