Meer as 334 000 kwesbare kinders kry bystand

Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka sê die meerderheid van haar ministerie se begroting van 5 miljard Namibiese doller word aan toelae bestee. Sy sê daar is net meer as 334 000 kwesbare kinders, 191 000 pensioenarisse en amper 47 000 persone met gestremdhede. Sioka het bygevoeg dat meer as 2 000 huishoudings in stedelike gebiede in al 14 streke van die land hulp ontvang van die voedselbank. Tydens sy Staatsrede het President Hage Geingob gesê dat meer as 6 miljard Namibiese doller aan toelaes bestee word. Die regering sê sy dekking van armes en kwesbares word beter maar, kommentators meen die getalle van armes en kwesbares neem eintlik toe.