Polisiehoof waarsku ongeskikte, lui lede

Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het uitgevaar teen sy beamptes vir wat hy beskryf as uiters swak gedrag teenoor lede van die publiek. Hy sê van die beamptes ag hulself as base in hulle kantore en is ongeskik met lede van die publiek. Hy sê hulle het vergeet dat hulle staatsamptenare is en diens aan die publiek moet lewer. Volgens Ndeitunga ontvang hy talle klagtes oor die gedrag van polisielede. Hy meen ook beamptes is lui en neem nie hulle posisies ernstig op nie.