Internasionale vlugte sal hervat

Met die Covid-beperkings wat in Namibië effe gelig is en mense weer kan reis, is daar ‘n styging in lugvervoer. Sedert die begin van die pandemie het lugvervoer skerp geval. Bisey /Uirab, die uitvoerende hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy, sê lugvervoer is besig om stadig op te tel. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is optimisties dat buitelandse lugrederye weer na Namibië sal vlieg.