Botswana-dokters beveel ivermektien vir Covid aan

Berigte uit Botswana lui dat die land se doktersvakbond die gebruik van ivermektien as ‘n behandeling vir Covid aanbeveel. ‘n Tydskrif in die buurland, Botswana Youth berig dat die persverklaring deur die Botswana Doctors Union ‘n maand na daar ‘n bespreking in die land se parlement oor die kwessie was en dat opposisiepartye die gebruik van ivermektien ondersteun het. ‘n Mosie is ter tafel gelê om die gebruik van die medikasie goed te keur maar is volgens berigte deur die regerende party teengestaan. Die vakbond sê daar is bewyse dat die middel werk en dit is beskikbaar. Die vakbond sê dat onder mediese toesig is monitering moontlik en dat die middel inentings kan bystaan. Die vakbond het ook bygevoeg dat die ongereguleerde gebruik van die veeartseny formule van ivermektien reeds wêreldwyd plaasvind en dus is dit beter om die menslike formule beskikbaar te stel.